Laat Jou Lig So Skyn…

Markus 4: 21,22

“Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie? Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of ditr moet aan die lig kom.”

Hoe lyk jou lewe? Skyn die son vandag in jou lewe of is dit alles donker? Ons wil tog elke dag nader aan God beweeg en meer word soos Hy. Waar wil jy wees die dag as Hy kom? Op die regte plek besig met regte dinge of op duister plekke waar dit net donker en verkeerde gedagtes is wat aan die lig kom. Ja, ons sal niks vir Hom kan wegsteek nie, soos dit ook in vers 22 uitgelig word. Maak ‘n keuse vandag nog oor wie jy wil dien: Die God van die lig of die satan van die duisternis.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing