Alles Begin Met God…

Kol 1:16
“God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is:… Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”

Jou lewensdoel is veel groter as jou persoonlike vervulling, jou innerlike vrede of selfs jou geluk. Ek vra gewoonlik af, wat wil ek word? Of wat wil ek bereik? Waar wil ek oor vyf of tien jaar wees? Nee, dit gaan nie oor jou nie, maar oor God.

 Wat is Sy doel en beplanning met jou lewe? Hy het al wat lewe, in Sy mag, die asem van elke mens. Bepaal jou waardes. Weet wat jy goed doen. Mik hoog. Wees gedissiplineerd. Glo jy kan jou doelwitte bereik. Betrek ander. Moet nooit tou op gooi nie. Jy kan meestal jou doel bereik as jy alles insit. God het ons nie in die duister gelaat om te wonder en te raai nie.

Hy is die bron van jou lewe. Jy moet die wysheid in God se Woord raadpleeg. Jy moet jou lewe op ewige waarhede bou. God het aan jou gedink nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het. Sy doel vir jou lewe dateer al voordat jy nog verwek is. Hy het dit beplan voordat jy nog bestaan het, en sonder jou insette.

 Jy kies moontlik jou loopbaan, jou metgesel en stokperdjies, maar jy kan nie jou doel kies nie. Sonder God het die lewe geen sin en waarde nie. Herevalueer jou waardes en dalk sal jou doel spoedig navore kom…

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing