As God Liefde is – Waarom laat Hy boosheid toe?

God laat wel goddeloosheid toe, en miljoene op aarde beoefen dit opsetlik. Hulle verklaar byvoorbeeld oorloe, werp bomme op kinders, vernietig die aarde en veroorsaak hongersnode. Miljoene rook en kry longkanker, pleeg egbreuk en kry seksueel oordraagbare siektes, misbruik alkohol en kry lewersirrose, ensovoorts. Sulke mense wil nie werklik hê dat alle goddeloosheid moet ophou nie. Hulle wil net hê dat die straf daarvoor opgehef moet word…

Wanneer hulle maai wat hulle gesaai het, roep hulle uit: “Waarom ek?” En hulle blameer God, soos Spreuke 19:3 sê: “’n Mens se eie sotheid verwoes sy lewe, en dan koester hy ’n wrok teen die HERE”. En as God ’n einde aan hulle goddeloosheid gemaak het, sou hulle geprotesteer het omdat hulle nie meer die vryheid het om dit te doen nie

Die hoofrede waarom God boosheid toelaat, is om ’n antwoord op Satan se aantyging te voorsien. Satan die Duiwel het gesê dat God nie mense op die aarde kan sit wat tydens beproewing aan Hom getrou sou bly nie (Job 1:6-12; 2:1-10). God laat Satan toe om voort te bestaan sodat hy ’n geleentheid kan hê om sy aantyging te staaf (Eksodus 9:16). Satan gaan voort om nou weë te veroorsaak, om mense teen God te draai, terwyl hy sy aantyging probeer staaf (Openbaring 12:12). Maar Job het sy onkreukbaarheid behou. En Jesus ook. Ware Christene doen dit.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing