Die Keuse is Joune…

Deut. 30:19

“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seen en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.”

Daar kom duisende gedagtes elke dag in ons brein op. Ons denke moet vernuwe word, om die Gees te volg en nie die sondige natuur nie. Ons sondige natuur (wereldse denke) is so gewoond daaraan om vrylik te werk dat ons moeiteloos wereldse gedagtes dink. Ons moet doelbewus kies om die regte gedagtes te dink. Wanneer ons uiteindelik besluit het om God se denkwyse te volg, moet ons die regte gedagtes kies en aanhou kies om reg te dink.

Wanneer ons begin voel dat die stryd in ons gedagtes te moeilik is en ons dit nie gaan wen nie, verwerp dadelik die negatiewe gedagtes en dink dat jy die stryd kan wen en onthou nie alleen nie, maar met die hulp van God. Onthou wanneer ons bestook word met twyfel en vrees, moet ons vasstaan en se: Ek sal nooit tou op gooi nie! God is aan my kant, Hy het my Lief en Hy help my. Ons moet dwarsdeur ons lewe altyd keuses maak, maar Hy moedig ons aan dat ons die Lewe kan kies.

Ons gedagtes word ons woorde. Daarom is dit noodsaaklik dat ons lewegewende gedagtes kies. As ons dit doen, sal die regte woorde daarop volg.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing