Egskeiding – Hoe Diep het Jy al Gedink?

Wanneer dit by verhoudings en egskeiding kom, is dit maklik om te se: Dit werk nie meer nie – ons kan nie so aangaan nie. Ons kry klaar en kies koers, en begin elkeen weer van voor af. Maar hoe sal God hieroor voel?

(nie dat ek weet nie – maar ek kan probeer raai…:)

Ja – dit is in sekere gevalle seker beter – vir die kinders – as hul ouers skei, eerder as dat hulle moet leef in ‘n helse atmosfeer omdat ma en pa bymekaar is “ter wille van die kinders”…

Ek moes as jong seun in so ‘n huis grootword – my ouers is eers geskei nadat ek uit die huis uit is. Maar ek het baie dae gewens dat die twee van hulle net wil klaarkry en uitmekaar gaan…

MAAR dis nie hoe God dit sou wou he nie (dink ek in my klein menslike kapasiteit…)

Jy sien, die familie is nie net ‘n eenheid nie – maar ook ‘n verwysingsraam, ‘n sekuriteit en ondersteunings-netwerk, en jou Goddellike verantwoordelikheid….

Buiten die feit dat ‘n egskeiding jou kinders se persepsie van die huwelik knou, en hul sin van sekuriteit beskadig, en hul ondersteunings netwerk verbreek (want ma en pa is nie meer SAAM daar nie…)…

Verbreek jy die Gelofte wat jy as ouer aan GOD gemaak het:

Om jou kind in SY wee groot te maak, en ‘n voorbeeld vir hom of haar te wees totdat hy of sy (op ongeveer 16 jaar) die verantwoordelikheid van hul eie siele kan opneem…

En om te skei is nie SY wee nie,

Maar om gedurig te baklei is ook nie…

Om “ter wille van die kinders” bymekaar te bly en hulle te laat voel asof hulle in die pad is, is ook nie…

En om toe te laat dat julle verskille hulle te laat voel dat hulle in die pad is, is ook nie…

Gaan sit om die tafel.

Bid eers – en gesels dan.

Toe julle getroud is, was daar iets spesiaals tussen julle – gaan soek dit weer.

Julle is dit aan God en jul kinders verskuldig.

(en ja – dit het my jare geneem om dit te besef. Jare waarin ek ongelooflike skade aangerig het in my kind se lewe….P.)

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing