Gedenk jy die Sabbatdag?

Eks. 20 : 11
“Want in ses dae het die Here die Hemel en die Aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseen en dit geheilig.“

Hoe bring jy jou Sabbatdag deur? Heilig ons nog werklik die dag? Wat maak ons deesdae op die Sabbatdag? Ja ons werk almal hard deur die week en wil graag ook ’n bietjie rus. Maar ten koste van wat? Vroeer jare was daar omtrent geen winkel oop gewees nie, selfs nie ’n kafee nie.

Maar vandag? Hoeveel kettingwinkels hou gereeld spesiale afslag net vir Saterdag en Sondag? Kyk wat gebeur op die sportveld. Die groot wedstryde word gehou vir Sondae. Dit het dan ’n wye rimpel effek. Die mense gaan nie meer Kerk toe nie omdat die belangrike wedstryd nou juis op daardie tyd uitgesaai word. Sommige Kerke verander hulle tye sodat dit nie inbreuk maak tenopsigte van die wedstryd wat gespeel word nie.

Dink gerus hieraan. Wat gaan gebeur as God besluit dis nou Sy aftyd? Die hele wereld sal vergaan. Wanneer jy met vakansie gaan, gaan God saam of los jy Hom by die huis? Moet Hy nie juis saamgaan om ’n oog te hou op die pad en die verkeer nie? Dis vir jou om te besluit. Hoe gedenk jy jou Sabbatdag? ….



Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing