Geduld…

Het jy werklik al gedink hoeveel geduld God met jou en my moet he? Ons sondig daagliks, maar Hy vergewe ons. Ons is daagliks ongeduldig met ons kinders, wat ons laat laat kom vir werk, of dalk is jy ongeduldig met jou ouers wat al bejaard is, en nie meer so vining kan loop nie…

Ja ons gaan ook ouer word. Is jy dalk ongeduldig indien jy in ‘n lang ry moet staan en wag om bedien te word in ‘n kettingwinkel of dalk die poskantoor? Gebruik daardie tyd nuttig. Lees jou sms’e as jy so in ‘n ry staan, kyk hoe bevoorreg jy is om nog in die kettingwinkel met ‘n mandjie te staan wat jy kan bekostig. Dink dan aan die wat dalk buite staan en karre oppas sodat jy veilig kan inkopies doen. Die karwagte doen dit vir ‘n klein donasie, sal jy bereid wees om plekke met hulle te ruil? Hulle wag geduldig dat jy moet terugkom….

Moenie weer so ongeduldig raak indien jy in die verkeer vashaak nie, dalk mag jy gespaar wees van ‘n ongeluk waarin jy dalk sou beland. Wees meer geduldig vandag met jou medemens…

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing