Geloof … Vissermanne

Matt 4:18,19

“En terwyl Jesus langs die see van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus en Andreas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi: want hulle was vissers. En Hy se vir hulle: Kom agter my aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

Ek het so drie maande gelede die voorreg gehad om te verhuis na Velddrif, na al my omswerwinge. Pieter het my Paternoster gaan wys. Ek het om die strand gaan stap en die klein visserbote gesien waarmee die vissers daagliks uitgaan om hul vis mee te gaan vang. Ek het meteens besef, dat dit in soortgelyke bootjies was en dalk nog kleiner wat Jesus sy mense vanaf geleer het.Daar het ek ook besef dat God juis vissermanne wat eenvoudige mense is gebruik het om Sy woord te verkondig aan ons gewone mense…

paternoster,vissers van mense,geloof

Besef jy werklik hoe klein die bote is waarmee die vissermanne hulle lewe elke dag waag om op die see te gaan? Dis in so ‘n boot wat Jona ook op die see was en daarna uitgegooi is omdat hy ongehoorsaam was. Dis moontlik ook in so ‘n boot wat Jesus die storm stilgemaak het. Daar het ek ook besef dat Jesus die vissermanne ook gekry het om Hom te volg en dan vissers van mense te maak.

As God sy hand oor elke visserman daagliks hou en die vissers se geloof net so groot soos ‘n mostersaad is – dan wil ek ook ‘n visserman wees, al is dit net vir sy geloof wat hy daagliks openbaar. Kyk gerus weer mooi as jy vis koop of eet en dink waar dit eintlik vandaan kom, en besef dis mense soos die vissermanne wat hulle lewens gewaag het vir ons om kos op die tafel te mag he….

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing