Gesinsgeweld – die Siekte van ons Tyd?

Gesinsgeweld is, ten spyte van die “beskaafde” tye waarin ons leef, ‘n astronomiese probleem. En die swaar strawwe help skynbaar nie veel nie – waar gaan dit dan eindig?

Dit skep ‘n bose siklus van kinders wat sien wat hul ouers doen, en leer dat “dit maar reg is om dit so te doen…”

En dan is daar die verwronge persepsie dat “party vrouens soek dit…”

Jammer – daai opvatting is SIEK, om die minste te se.

Wat wel gebeur is die volgende:

In die begin oorval die man die vrou met liefde – en wen haar vertroue totaal. wanneer hy dan wel gewelddadig raak,kan hy haar oortuig dat dit net ‘n glips was, en dat hy sal verander. Later van tyd word dit egter tuisgebring dat sy hom daartoe gedryf het…

Dit word dan HAAR SKULD…

En hy “probeer haar net reghelp…”

Aan die einde van die dag word haar eie oordeel en vermoens so afgebreek dat sy uiteindelik totaal onbeholpe voel, en glo sy kan niks sonder die man wees nie…

Dit kom neer op breinspoeling – op ‘n eenvoudige, gemene manier.

Dis ‘n magspel – waarin die vrou totaal gemanipuleer word, en selfs ‘n fisiese slaansak word sodat die man sy frustrasies kan ontlaai.

Jammer – om jou vrou te slaan is SIEK.
(behalwe as sy jou fisies aanval – in welke geval jy seker die reg het om jouself te verdedig. Maar herhaalde mishandeling is onverskoonbaar)

Waarskuwingstekens – vir (vrouens en) familielede:

(en familie – moet asseblief nie onttrek omdat dit “haar keuse” is nie – in die meeste gevalle is die vrou doodbang vir wat die man kan doen as sy sou probeer vlug, en meestal met reg ook. ‘n Gereelde vroueslaner ken geen grense nie, en sal in meeste gevalle niks ontsien om sy sin te kry nie – so sy HET hulp nodig, al is sy te bang om daarvoor te vra)

1. Isolasie – die slagoffer word afgesny van vriende en familie; enige iemand wat ondersteuning kan bied en hom kan keer om sy planne uit te voer. Gewoonlik probeer hy haar wys dat haar familie en vriende nie hul verhouding goedkeur nie, or ‘n probleem met hom het (“jou familie gun my niks…”)- en sy draai teen hulle. Onbewustelik sny sy haarself van haar eie ondersteuningsnetwerk af….

In baie gevalle verhuis die paartjie dan na ‘n ander dorp, waar sy dan geen vriende het nie…

2. Kyk uit vir mans met ‘n baie lae selfbeeld – in party gevalle kan dit ‘n potensiele vroueslaner wees met ‘n behoefte om iemand anders te “beheer” sodat hy beter kan voel oor homself. Uitermatige jaloesie en besitlikheid is ook gevaartekens van ‘n baie lae selfbeeld.

3. Hou die paartjie dop in geselskap – is sy altyd nederig en inskiklik, terwyl hy mag se wat hy wil? Kraak hy haar ooit af voor ander, sonder dat sy daarop reageer? wanneer sy stemtoon verander, hoe reageer sy daarop? (vir haar is dit dikwels die sein van ‘n pak slae wat op pad is)

4. Kyk wanneer hulle speel – is hy geniepsig, en se dan gerieflikheidhalwe “ek speel net” as sy seerkry? – Hy kyk hoe ver hy die grense kan druk.

Laastens – moet nooit onderskat hoe ver enige man (wat sy vrou mishandel het) sal gaan om sy “besitting” terug te kry nie (of te behou nie – menige vrouens is al toegesluit in hul huise, hul karsleutels afgeneem, en selfone afgevat as hul probeer wegkom – of die geweldenaar voel daar is enigsins ‘n risiko dat dit kan gebeur).

Vir mans wat hul vrouens slaan…

Dit is ‘n vergryping – net soos ‘n dwelmmiddel – aan jou magsposisie as beskermheer van jou gesin.

Dus moet jy eerstens erken dat jy ‘n probleem het…

En dan moet jy ‘n wilsbesluit neem om gehelp te word…

En DAN KAN JY, met berading, gebed en Genade hierdie swakheid oorkom.

As jy regtig jou vrou liefhet, sal jy dit doen – nie net ter wille van haar nie, maar ter wille van JULLE.

Want om ‘n vrou te “besit” kan nooit soveel vreugde gee as om ‘n vrou te he wat jou werklik liefhet nie. En ‘n vrou wat “besit” word (‘n slavin), kan nooit die liefde gee, of vir jou ‘n staf wees, of ‘n moeder vir jou kinders wees soos ‘n vrou wat jou bemin nie.

Dit staan geskryf:

“Mans, julle moet julle vrouens liefhe…”

Liefde en gesinsgeweld kan nie saam bestaan nie. Dieselfde hand kan nie liefde geen en jou vrou slaan nie. God en die duiwel heers nie altwee in dieselfde huis nie.

Dis of die een of die ander.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing