God Kom Sy Beloftes Na…

In tye van geestelike droogte moet jy geduldig op God se beloftes bly vertrou, en nie op jou emosies nie, en besef dat Hy jou na ‘n dieper vlak van volwassenheid neem.

‘n Vriendskap wat op emosie gegrond is, is maar vlak. Moenie dat probleme jou omkrap nie. Omstandighede kan God se karakter nie verander nie. God se genade geld steeds ten volle.

 Hy is steeds aan jou kant al voel dit nie altyd vir jou so nie. Sonder enige bevestigende omstandighede het Job aan God se Woord vasgehou. Hy het gesê “Sy bevel verontagsaam ek nie nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.”

Danksy die vertroue op God se woorde het Job getrou gebly, al het niks sin gemaak op daardie stadium nie. Te midde van die pyn was sy geloof steeds sterk. As jy voel of God jou verlaat het, maar Hom ondanks jou gevoelens steeds vertrou, aanbid jy Hom op die heel diepste manier…

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing