God sal Voorsien – Maar Glo JY dit?

Ons se dit soooo maklik: God sal voorsien. Maar glo ons dit werklik? Of bely ons maar net die woorde omdat dit is wat die mense om ons verwag ons moet se, terwyl ons in werklikheid solank begin stres oor wat gaan gebeur?

Wel….

Ons is almal maar net mense. Ons twyfel almal. Selfs Jesus het aan die kruis aan SY eie Vader getwyfel to Hy gevra het “waarom het U my verlaat?”

(Hy is na die aarde gestuur met ALLE menslike swakhede – sodat Hy as ‘n gewone mens die sonde moes oorkom)

Maar wat se jou dade? Getuig jou dade van jou geloof in Hom? Ten spyte van die feit dat Jesus bevrees was vir wat kon gebeur (“Vader laat asseblief hierdie bitter beker by My verbygaan…”), het Hy steeds opgetree met die volle oortuiging dat alles wel reg sou uitwerk.

Dink mooi…

Hoeveel keer in jou lewe was jy al in die nood – en dan kom uitkoms uit ‘n onverwagte oord…

Die noodlot? Toeval? Die duiwel?

Geensins. In God se plan is NIKS toevallig nie. Alles is beplan (“…daar sal geen haar van jou hoof afval as Ek dit nie so wil he nie”)…

Selfs jou uitkoms.

So….
Hoeveel keer moet God Homself nog aan jou bewys voorda jy in Hom en Sy Genade glo?

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing