God se Wil – en die Duiwel s’n

Nie alles wat op die aarde gebeur is God se Wil nie. Die duiwel is ook hier besig. So as jy dink dat jou lewe totaal vooruit beplan is, dink mooi…

Dit staan geskryf:

“Jou wil gee Ek jou, en My Wil laat Ek jou.”….

Met ander woorde, HY het ons ‘n KEUSE gegee. As sulks beteken dit dat ons lewens NIE totaal vooruit beplan kon wees nie. Wat ek wel sal toegee, is dat die KEUSES wat op jou pad geplaas word, vooruit beplan word. En volgens die moontlikhede van elke keuse, word ander opvolgende keuses op jou pad geplaas…

Maar dit is nog steeds JOU keuse om God se Wil te doen – of nie.

Dit in ag genome…

Hou die volgende in gedagte:

God beproef jou – die duiwel ook (daar is toegelaat dat die duiwel vir Job kon beproef).

God gebruik mense – die duiwel ook (hulle het altwee ‘n woning in ons harte gamaak, en veg om beheer van jou siel. En altwee sal mense op jou pad plaas om jou nader te trek…).

God maak beloftes – die duiwel ook (die duiwel is net ‘n goeie verkoopsman – dis hoekom meer mense hom glo…:).

God gee jou wat jy nodig het – die duiwel gee jou alles wat jy wil he (hy probeer jou daardeur behou).

God lieg nie – die duiwel ook nie (hy gee net nie al die feite nie, of stel dit heel anders)

God sal agter jou kyk – die duiwel ook (altwee wil jou siel he).

Altwee is bereid om voluit te gaan om jou siel te bekom – die een is net bereid om vuil te speel om te wen.

Baie keer vra ons:

“Hoekom het U dit aan my gedoen?”

Dis dalk nie HY nie – maar die duiwel wat jou wil laat DINK dit was God se wil…

Sodat jy jou rug op HOM kan draai.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing