Groepsdruk op ons Kinders – hoe erg is dit Werklik?

Ons is gou om ons kinders voor te se wanneer dit kom by groepsdruk… Maar weet ons regtig waaoor dit gaan? Weet ons regtig wat in hulle wereld aangaan, and waaraan hulle blootgestel is?

Eerstens moet ons erken dat die lewe in ons tyd heelwat minder gekompliseerd was. Ja, daar was dwelms, maar dit was maar min. Daar was misdaad, maar dit was die uitsondering op die reel. En ‘n goeie drag slae so af en toe het meeste van ons nog op die regte pad gehou…

Maar vandag is dwelms nie meer net vir slegte mense nie. Inteendeel – dis die welaf mense se kinders wat geteiken word, want hulle het mos meer geld om rond te gooi. Die dwelmbedryf het ‘n professionele industrie geword – net ‘n totaal gewetenlose een sonder reels…

Kombineer dit met ‘n groeiende druk op leerlinge om te presteer as hul iewers wil kom, ours wat gebukkend gaan onder stres, en ‘n gevaarlike omgewing…

En jy het ‘n wenresep wat kinders dwing om vriende te benodig – hulle kan net nie meer alles alleen hanteer nie.

Ongelukkig is die verkeerde vriende dikels die wat hulle aanvankklik voordoen as “goeie vriende”. En wanneer ‘n situasie ontstaan waar jou kind ‘n swak besluit kan neem, is daar reeds ‘n mate van vertroue, en kan die “vriend” emosionele druk uitoefen…

Want ons is elkeen te besig met sy eie stryd om oorlewing – finansieel, fisies, psigies, in ons huwelikke en in ons loopbane. Ons is so besig om vure dood te slaan dat ons nie tyd het om na ons kinders te luister wanneer julle ons nodig het nie…

Ons is baie keer net gou om gal af te gaan as hulle iets verkeerd doen…

En dan wil ons ontplof as hulle “op die verkeerde plek ondersteuning soek”….

Dink mooi:

As ons as volwassenes so sukkel om te oorleef, hoeveel erger moet dit vir ons kinders wees?

Hulle is nog nie emosioneel volwasse nie, hulle kan hulself nie finansieel onderhou nie, en kan hulself baie keer ook nie verdedig nie.

Waar is ons wanneer hulle ons nodig het?

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing