Groepsdruk – Watter Voorbeeld is Jy vir jou Kinders?

Ons is geneig om groepsdruk te sien as iets wat kinders ervaar. Maats plaas druk op ander om dinge te doen sodat hulle “deel kan wees van die groep”. Jy weet mos – “almal doen dit”….

In vandag se lewe is dit ongelooflik erg – veel erger as wat ons dit as kinders seker ooit ervaar het. Maar ons gedrag as ouers kan dan ook ‘n groot verskil maak aan hoe ons kinders dit ervaar…

Alhoewel ons as ouers dit nie graag erken nie (nie eers teenoor ons self nie), is ons ook baie keer blootgestel aan groepsdruk:

“Almal op jou posvlak ry motors in ‘n sekere prysklas”…

“Almal bly in sekere woonbuurte”…

“Almal hou op sekere plakke vakansie”…

“Almal hou SAAM partytjie”…

En hulle verwag van jou om ‘n “team player” te wees…

Hoeveel keer gee jy toe aan die druk?

Is jou partytjie by die werk belangriker as jou kind se ouer-aand by die skool?

Of is daar te min geld vir wat jou kinders graag sou wou doen – omdat jou motor nie mag afsteek teenoor die van jou kollegas nie?

Of verkwansel jy hul studiegeld omdat jy ‘n huis in ‘n sekere woonbuurt MOET he?

Hoeveel keer gee JY toe aan groepsdruk?

En teen watter koste?

Dink mooi voor jy weer jou kind veroordeel oor iets wat hy of sy gedoen het. Watter voorbeeld het JY per slot van sake gestel?


Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing