Hoe Getuig jy elke Dag?

Wanneer ’n mens vervul word met die kennis van die beloofde Paradys onder Christus se Koninkryk wil jy dit aan ander vertel. Jý sal dit ook wil doen. Dit is goeie nuus!—Handelinge 5:41, 42.

Dit is ’n belangrike manier om te toon dat jy ’n dissipel van Jesus Christus is. In die Bybel word Jesus “die getroue en waaragtige getuie” genoem. Toe hy op die aarde was, het hy gepreek en gesê: “Die koninkryk van die hemele het naby gekom”, en hy het sy dissipels uitgestuur om dieselfde te doen (Openbaring 3:14; Matteus 4:17; 10:7). Later het Jesus sy volgelinge beveel: “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies . . . en leer hulle.” Hy het ook voorspel dat “hierdie goeie nuus van die koninkryk . . . in die hele bewoonde aarde verkondig [sal] word tot ’n getuienis vir al die nasies” voordat die einde kom.—Matteus 24:14; 28:19, 20.

Daar is baie maniere om hierdie goeie nuus te verkondig. Gesprekke met vriende en kennisse bied dikwels die geleentheid om dit te doen. Party doen dit deur briewe te skryf of die telefoon te gebruik. Ander epos lektuur met inligting waarin hulle meen ’n vriend veral sal belangstel..

Die Bybel bevat hierdie hartlike uitnodiging: “Die Gees en die bruid hou aan om te sê: ‘Kom!’ En laat enigeen wat hoor, sê: ‘Kom!’ En laat enigeen wat dors is, kom; laat enigeen wat wil die Water van die Lewe neem, verniet” (Openbaring 22:17). Om ander van die Paradys en die seëninge daarvan te vertel, is iets wat gewillig gedoen moet word, uit ’n hart gevul met ’n begeerte om hierdie goeie nuus bekend te maak.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing