Houding en Dwelms – Watter lei tot Watter?

In my omswerwinge (destyds as musikant) het my paaie gekruis met ‘n paar dwelmverslaafdes… En hulle het almal EEN ding in gemeen gehad…

“n HOUDING” – een van “alles is geregverdig”…

Dit is wel waar dat die gifstowwe wat die dwelms bevat die oordeel aantas. Dit is dan ook so dat ALLES “geregverdig” is in die verslaafde se oe…

Maak nie saak of dit nou diefstal, moord, of wat ook al is nie. In die soeke na die volgende “fix” is ALLES geregverdig – in sy of haar oe, in elk geval.

Maar iets anders het my opgeval:

Party gerehabiliteerde verslaafdes, het steeds die houding van “alles wat ek doen is geregverdig…”

En toon nie werklik berou oor wat hulle vantevore gedoen het nie.

Hulle doen steeds soos hulle wil – dit sluit net nie meer dwelms in nie.

Wat my lei tot die vraag:

Het die dwelmmisbruik (en die meegaande chemiese impak op die brein) die “houding” veroorsaak…

Of is dit die algemene houding wat in die eerste plek daartoe gelei het dat die persoon in die eerste plek sy of haar gebruik van die middel “geregverdig” het?

Indien laasgenoemde wel die geval is, sal ons mooi na ons tieners moet kyk – en fyn oplet vir hierdie waarskuwingsteken…

Want dalk is dit ‘n leemte in die opvoeding wat ons hul gee wat die ruimte laat vir hierdie houding om kop uit te steek. Nie dat dit regtig maklik is om alles perfek te doen te midde van alles waarmee ons kinders deesdae gebombardeer word nie:

Groepsdruk, rolprente, swak rolmodelle…

En die ouers wat wel hul kinders eenvoudig toelaat om alles te doen wat hulle wil, maak dit sooo maklik vir jou kind om te se:

“…maar ALMAL doen dit….”

Dit staan geskryf:

“ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van die lug…”

Dit lyk net of die goed aanteel teen ‘n skrikwekkende tempo….

Sterkte.

En onthou om uit te kyk vir die waarskuwingtekens.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing