Is Jy ‘n Oester of ‘n Arend?

Dink mooi: Is jy ‘n oester of ‘n arend? Gaan HAAL jy jou kos, of “wag jy vir hoogwater”? As Christenmense is ons baie keer vergelykbaar met een van die twee…

Die oester…

Jy sien, ‘n oester plak eenvoudig teen ‘n rots, en hoop dat daar kos na hom toe sal kom. Wanneer dit hoogwater is, laat hy water in, en probeer daaruit voeding onttrek. Wanneer die water weer wegtrek, wag hy maar net weer vir die volgende keer…

Hy beweeg nie regtig nie – dis te veel moeite. en as iets aan hom RAAK…

Suig hy teen die klip vas met soveel geweld dat geen mens hom daar kan loskry sonder om sy skulp te breek nie…

Maar die arend…

Hy maak sy nes op ‘n veilige plek waar geen vyand hom kan bereik nie. Hy bekyk alles eers op ‘n afstand – sonder om direk in te klim. Hy sien sy kos van ver af – en gaan HAAL dit.

Die hemel is sy woning…

So…..:)

Is jy ‘n oester wat eenvoudig toelaat dat alles oor jou spoel, en toeslaan as iemand aan jou durf karring…

Of is jy ‘n arend wat sy seeninge vanuit die hemel sien?

En as jy twyfel oor watter een jy eintlik wil wees…

Dink so daaraan:

In die Ou Testament het God gese: Moenie, moenie, moenie, OF….

In die Nuwe Testament het Hy almal take gegee: “Gaan en gooi die net aan die regterkant uit”, “gaan heen en vertoon julself aan die Oudstes”, “gaan heen en sondig nie meer nie”, en “gaan verkondig hierdie Evangelie…”

Jesus het gese: “My voedsel is on die wil van My Vader te doen…”

So…

Dalk moet jy jou “voedsel” gaan haal, en nie wag dat dit na jou toe kom nie. Dalk moet jy die seeninge wat God op jou pad plaas duidelik sien – en nie net wonder wat gebeur rondom jou soos die oester nie…

Wat dink JY?

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing