Is jy soos Jona?

Is ons die maar soos wat Jona was nie? Ja hoe was hy? Hy was ongehoorsaam. Die Here stuur vir Jona en ons om ‘n sekere taak te doen en ons wyer of loop draaie daarom. Soms moet ons net gaan stil sit en vra “Here wat wil U he moet ons vandag vir U doen? Elke dag wat ons kry is net genade. Sy genade is vir my en jou genoeg. In die vis se maag het Jona tot stilstand gekom, en tot die Here gebid en gevra om genade. God het dit goed gevind en vir Jona nog ‘n kans gegee. So kry ons ook elke dag nog ‘n kans om ons lewe reg te maak.
Besef jy dat dit vandag dalk jou laaste kans kan wees? Wees gehoorsaam aan wat God jou beveel om te doen elke dag, moenie dat more kom en dis dalk te laat vir jou nie…



Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing