Is ons Prioriteite reg, of nie?

Partymaal is dit goed om vir ‘n oomblik stil te sit en te dink – en te besluit of ons prioriteite reg is al dan nie…

Selfs al probeer ons om nie kwaad te doen nie, en ‘n “goeie” lewe lei.

Byvoorbeeld…

Ons sal vir ure sit en kyk hoe ‘n krieketwedstryd ontvou op TV…

Ons sal honderde kilometers ver ry om ‘n wedstryd of ‘n uitvoering by te woon…

Ons sal elke dag ure lank sit en onsself vermaak voor ‘n rekenaar…

Ons sal daagliks ure lank klets op Mixit…

Ons sal elke oggend slaafs die koerant lees, en saans die nuus kyk…

Maar hoeveel tyd gee ons aan God elke dag, saam met wie ons hoop om die Ewige Lewe deur te bring?

Toegegee – mens kan seker ook nie heeldag net bid nie – ons is darem per slot van sake ook net mense. Maar dit wat ons doen moet tog seker ‘n refleksie wees van wat ons wil bereik…

As jy byvoorbeeld ‘n vol maand se salaris verwag, kan jy seker nie net een or twee uur per week werk nie.

Toe daar vie Jesus gevra is aangaande die belasting, het Hy gese:

“Gee aan die keiser wat die keiser toekom – en gee aan God wat aan God toekom”…

Doen ons dit? Of het Hy ook maar afgeskuif op ons lys van prioriteite soos ale dinge wat nie dringend van aard is nie?

Dink mooi.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing