Jou Gedagtes Bepaal Hoe Jy is…

Matt 12:33

As jy se ‘n boom is goed, moet julle ook se sy vrugte is goed, en as julle se hy is sleg, moet julle ook se sy vrugte is sleg. ‘n Boom word tog aan sy vrugte geken.

Die Bybel se dat ‘n boom aan sy vrugte geken word. Dit geld ook vir ons lewe. Gedagtes dra vrugte. As jy goeie gedagtes dink, sal die vrugte in jou lewe goed wees. Maar indien jy slegte en verkeerde gedagtes dink sal jou lewe minder goeie vrugte gee. Uit iemand se gesindheid kan jy agterkom watter sort gedagtes sy lewe oorheers. ‘n Gawe goedhartige mens koester nie gemene gedagtes nie. Net so kan ‘n bose mens ook nie goeie en liefdevolle gedagtes nie. ONTHOU dat jou gedagtes bepaal hoe jy is….

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing