Karring Jy aan God se “Resep”?

Party mense beskryf die Bybel as “n padkaart Hemel toe”. Ons kan dit ook sien as ‘n resep vir ‘n goeie lewe – een wat God sal behaag. Maar hou ons regtig by die “resep”?

Enige mens wat al ooit kosgemaak het weet: Moenie aan die resep karring as jy nie weet wat jy doen nie. En al weet jy wat jy doen, moenie drastiese veranderinge maak nie…

Dit word ‘n oneetbare gemors. Dis oor en oor bewys.

Maar hier kry ons ‘n “resep” vir ‘n lewe wat sal lei tot die Ewige Lewe…

En dan MORS ONS dit op!

Want…

Wat U se is goed, Here – maar U weet daai man klim onder my vel in…

Wat U se is reg, Here – maar die mense wat so onverskillig ry maak my woedend…

U weet Here – maar daai vrou het my lank terug vreeslik te na gekom…

Maar, maar, maar…

Die resep is reg, MAAR ek wil hier ‘n verandering he…

Die resep is goed, MAAR ek sien nie kans hiervoor nie…

Dis alles goed en wel, MAAR wat as dit nie MY skuld was nie….?

EK wil GOD se resep verander.

EK wil beter weet as die Grootste Wese wat bestaan.

EK wil vir GOD voorskryf wat HY moet doen…

Maar wie de joos is EK?

as EK wil karring aan dit wat reeds volmaak is…

…is EK my eie grootste vyand…?

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing