Ken Jy God Werklik?

God woon in elke mens. God het ook iewers aan jou deur geklop. Nie natuurlik nie, maar geestelik. Die skrif se dat almal My sal ken, groot en klein. Ken jy werklik vir God? Wil jy Hom werklik ken? Of is jy ‘n Sondag Christen? Wat maak jy van Maandag tot Vrydag met jou geloof? Bere jy dit in ‘n kassie of gebruik jy dit werklik?

 Kom jy op vir die naam van die Here as dit ydelik gebruik word of laster jy saam? Hoeveel wereld is nog in jou? Ken ek God se Liefde en genade? Deur sy Liefde is jy deel van Sy Liggaam. Ken jy die God wat die weg toe berei het? As jy nie sy Liefde ken nie, ken jy nie vir God nie. Is jy ‘n ligdraer deur Sy Liefde?

Hy het Sy Seun as versoening vir jou en vir my aan die kruis laat sterf. Hoe ver staan jy nog van God af? Doen dit wat van jou verwag word. Wees gehoorsaam en moenie versoen met die wereld nie. God dink nie meer aan my sonde nie. Hy het jou reeds vergewe.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing