Kies Die Lewe

Romeine 8:6

“Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.”

Hierdie skrifgedeelte gee ‘n beskrywing van die toestand waarin ons denke behoort te wees en waarmee ons onsself mee moet besig hou. Bedink wat goed is en gee wat goed is. Jy het die Gees van Christus in jou, laat jou daardeur lei. Dit is wanneer jy so “waghou” oor jou gedagtes dat jy elke gedagte gevange kan hou en aan Christus gehoorsaam kan wees. Vrede In jou gemoed en gedagtes bring ook vrede in jou hart en verstand, sodat wanneer jy met ander mense omgaan en kontak het ook daar vir hulle vrede sal bring.

Die Heilige Gees sal jou gou waarsku as jy gedagtes in jou kop het wat na verkeerde paaie lei. Gaan jy jou sondige natuur volg of die leiding van die Gees? Een lei na die dood en die ander na die lewe. Slegte gesindheid is die vrug van verkeerde gedagtes. Dit is jou keuse. Kies die lewe!

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing