Laat Jou Woorde Lig Straal…

Kol. 4:6

“Laat julle woorde altyd aangenaam wees, sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.”

Deur Sy Liefde het ons genade ontvang – wat maak ons elke dag daarmee? Gooi ons dit terug in God se gesig? Ons moet met elke mens optree soos God dit van ons verwag. Wees daders van die woord. Leef die vrug van die Gees uit – Liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

 Stel jou Liggaam diensbaar vir God. Respekteer mekaar, doen alles is Liefde. Jy is tog lief vir jou vrou en kinders, so jy wil net die beste vir hulle he. So ook is jou vrou lief vir jou en wil net die beste vir jou gee wanneer julle saam is. God is die woord en jy moet toelaat dat Hy in jou kom woon.

 Die Liefde van God is tot aan die einde van die wereld. Leef elke dag asof dit jou laaste is, want die lewe is so kort en niemand weet wanneer dit jou uur is nie …

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing