Lees en Ontdek

Markus 4:22

“Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom.”

In die vers vertel God dat daar groot skatte in die Woord versteek is en hulle word net geopenbaar aan die wat die Woord lees, dit oordink en dit in hul gedagtes ronddra. Dit lyk of God eindelose dinge in een vers vir ons kan wys. Die Here openbaar gedurig sy geheime aan die wat die Bybel getrou bestudeer. Al die beloftes wat hy gemaak het is ook vir jou, as jy Hy Hom as jou Verlosser aanneem. Bestudeer die Woord en laat die Heilige Gees jou lewe met die waarheid seen. Dit is een van die belangrikste dinge wat jy elke dag kan doen. Hoe meer jy die woord van God oordink hoe makliker sal jy krag daaruit kry wanneer jy probleme ondervind.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing