Moenie Tou Opgooi Nie…

Gal 6:9

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

Dit maak nie saak hoe sleg jou omstandighede van jou lewe op die oomblik is nie – jy mag nie tou opgooi nie. Herwin die gebied wat die duiwel van jou gesteel het. As dit nodig is neem dit tree vir tree terug terwyl jy die hele tyd op die genade van God vertrou vir die verlangde resultaat en nie op jou eie krag nie. In Galasiers moedig die Apostel Paulus ons aan om vas te byt en deur te druk. Wees vasberade. God soek mense wat tot die einde aan Hom getrou sal bly.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing