Moet jy Werklik Bid vir Jou Vyande?

Ons Afrikaner-volkie sukkel by tye maar om te vergewe… En dan se God nog ons moet bid vir ons vyande…

Dit klink mos nou nie reg nie…

Of maklik nie…

Maar kom ons dink mooi daaroor:

1. Volgens die Onse Vader (soos Jesus Sy dissipels geleer het), kan ons slegs vergifnis verwag volgens die mate waarin ons ander vergewe…

“en vergewe ons ons skulde soos ons ons skuldenaars vergewe…”

2. Dit is nie vir ons gegee om te oordeel of te straf nie – dis God se alleenreg…

3. Jesus het gese:

“vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie…”

En laastens:

God se: “wat jy aan die minste van My gedoen het, het jy aan My gedoen…”

Wie is ek om te besluit dat my vyand nooit ‘n kind van God sal wees nie? As ek dan haat in my hart dra teenoor hom of haar, en hy of sy word bekeer…

Dan haat ek een van God se kinders – en ek kan nie God liefhe en sy kind haat nie. Dis alles of niks.

Ek weet mos nie wat God op my vyand se pad plaas nie – en wat nog met hom moet gebeur nie…

Vir al wat ek weet, wil God dalk JUIS my getuienis (deur my gedrag) gebruik om hom of haar nader te trek…

Wie is EK om te besluit dat my vyand nooit die lig sal (of mag) sien soos ek die voorreg het om te sien nie?

En aan die ander kant van die muntstuk:

Watter beter plek is daar om die lig te laat skyn – anders as daar waar dit donker is? As jou vyand se hart dan donker is, moet jy JUIS DAAR jou lig laat skyn…

Bid vir jou vyand – dat hy of sy ook God mag ken en ervaar soos wat jy die voorreg het om te kan doen.

Bid dat hy of sy Sy lig sal sien. Dis die mooiste ding wat jy hulle kan toewens.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing