‘n Reis met ‘n Doel…

Het u al ooit gewonder wat jou doel nou eintlik op hierdie aarde is? Ek het begin met die boek van “Die doelgerigte lewe” van Rick Warren –  en wil graag stilstaan vir die volgende tydjie met van die gebeurlikhede wat ek baie intressant gevind het om dit ook aan julle deur te gee.

 Wanneer God iemand vir sy doelwitte wou voorberei het Hy dit oor 40 dae laat strek:

Noag se lewe is deur 40 dae se reen verander.

Moses wat na 40 dae op die Sinai-berg ‘n ander mens.

Die verkenners was na 40 dae in die Beloofde land ander mense.

Dawid se lewe is deur Goliat se uitdaging na 40 dae verander.

Elia het verander to God hom 40 dae se krag uit een maaltyd gegee het.

Die hele stad Nineve het verander toe God die mense 40 dae tyd gegee het om hulle reg te ruk.

Jesus is deur 40 dae in die wildernis bemagtig.

Die dissipels is deur hul 40 dae saam met Jesus na sy opstanding verander.

Dink hoe jou volgende 40 dae gaan wees op hierdie aarde. Kan ons  en wil jy nie ook ‘n positiewe verandering in jou lewe maak nie? 

Ek hoor graag van julle. (Karien)



Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing