Party Mense se Foute is net Meer Sigbaar as Ander…

Snaaks hoe ons party mense stenig oor die foute wat ons van weet. Want party mense se foute is meer sigbaar as ander – en ons storm dadelik of op dit wat duidelik sigbaar is…

Soos die een wat in die nuus is omdat hy geld verduister het. Of dronk bestuur het. Of kreef gesmokkel het…

Of selfs die een wat rook of dwelms gebruik, of in die openbaar vloek of drink, of slordig is en vuilgoed rondgooi wanneer hy betoog…

Dis maklik om ‘n klein swart merkie raak te sien op ‘n wit oppervlak. Maar sit die merkie agter die oppervlak…

Dan sien jy nie hoe ‘n man sy vrou emosioneel aftakel nie…

Of sy kinders se studie-polis kanselleer om vir sy nuwe kar te help betaal nie…

Of hoe hy in ‘n ander dorp gaan rondkuier nie…

Of hoe hy nalaat om sy kinders in God se wee op te voed nie…

Of nie daar is vir sy vrou as sy hom as steunpilaar nodig het nie…

Of sy kind molesteer…

Dis maklik om sigbare foute uit te wys en te kritiseer. Maar dit wat ongesiens verbygaan, rig dikwels baie meer skade aan…

En in baie gevalle gaan dit vir jare aan, want niemand het die moed om daaroor te praat nie – ten minste nie die slagoffers nie.

En ons weet meestal nooit voor dit reeds te laat is nie.

Hoeveel “minder sigbare” foute het JY? Hoeveel dinge het jy al in jou lewe gedoen wat ‘n verleentheid of selfs probleme kan veroorsaak as dit op die lappe moet kom? Jy kan dit vir almal wegsteek – behalwe vir God en jouself.

Aan die einde van die dag is HY die een wat oordeel – en HY is ook die een wat moet vergewe. Dit staan geskryf:

“met die maatstaf waarmee jy oordeel, sal jy ge-oordeel word”…

Wees versigtig hoe jy meet – jy mag dalk kortkom as dit jou beurt is om gemeet te word.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing