Respek – Die Antwoord op AL ons Probleme

Dit klink tog sooo eenvoudig: Respek – een enkele woord – is die antwoord op al die mensdom se probleme….

Dit klink hopeloos te eenvoudig – maar is dit?

Kom ons kyk:

As ek almal om my respekteer, sal ek nie van hulle steel of roof nie, of moor nie.

Ek sal niemand onregverdig of onredelik behandel nie.

As ‘n werknemer sal ek nie my werkgewer indoen met swak werk nie, of meer van hom of haar verwag as wat hy of sy kan betaal nie.

En as ‘n werkgewer sal ek nie my werkers onredelik behandel nie.

As ek my vrou respekteer, sal ek haar nie verneuk, of fisies of emosioneel mishandel, of onredelike eise stel nie.

As ek almal respekteer, sal ek hulle geloofs-oortuigings respekteer – al stem ek nie saam met dit nie.

As ek my kinders respekteer sal hulle nie met ‘n swak selfbeeld groot word nie.

As ek almal respekteer, sal ek vir almal die beste doen wat ek kan.

Maar…

As ek almal respekteer, sal ek hulle respek waardig wees – want respek dwing respek af.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing