Selfmoord – is dit Verkeerd?

Daar is baie van ons wat go dat dit verkeerd is om jou eie lewe te neem. Dit word per slot van sake in die Skrifte so gestel dat jy nie jou hand aan jou eie lewe mag slaan nie…

Maar wie is ek of jy om te oordeel?

Wie is ons om te besluit waar en wanneer God Genade sal betoon en wanneer nie?

Wie van ons is sonder sonde, en kan die eerste klip gooi?

Ons maak almal foute – en verwag dan dat God ons sal begenadig en vergewe. Almal van ons is – van tyd tot tyd – ongehoorsaam aan wat Hy van ons verwag. En tog bid ons daagliks dat Hy ons sondes moet vergewe…

Maar ons is verwaand genoeg om te besluit wat God se beslissing sal wees as ‘n ander nie kans sien om aan te gaan nie…

Ja – Hy wil nie he dat ons dit moet doen nie. En vir die van ons wat dit vas glo – myself ingesluit – vir ONS is dit seker onvergeeflik. Maar geen een van ons weet waar God se Genade ophou nie…

Simpel voorbeeld:

Twee mense beland voor die landdros vir ‘n misdryf. Die een kry ‘n swaarder straf as die ander. Hoekom? Versagtende omstandigdhede.

God weet altyd van beter. Hy ken altyd beter. Hy dink altyd verder…

HY WEET. Hy verstaan.

En HY weet ook wat die duiwel op jou pad geplaas het.

En HY het die REG om Genade te betoon aan wie HY dit goed vind.

Wie is EK, ‘n nietige mens, om beter te weet?

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing