The Secret en jou Geloof – is dit Verkeerd of Nie?

Volgens die rolprent “the Secret” kan jy dinge na jou toe aantrek – volgens “The Law of Attraction”. As Christen klink dit dalk onnatuurlik, en nie volgens die Wil van God nie. Tog is daar Christene wat absoluut daarin glo – is dit dan verkeerd?

Kom ons kyk dieper:

1. Voordat jy kan “manifesteer” moet jy in harmonie met die heelal wees. Die “harmonie” kom neer op ‘n manier van dinge doen en bedink presies soos dit wat ‘n Christen na streef – nie fout in ander sien nie, nie kwaad doen nie, nie negatief wees nie, probeer goed doen…

2. Volgens “the Law of Attraction” kan jy dinge na jou to aantrek om jouself en dus jou lewensposisie te verbeter. Volgens ons Geloof is alles op die aarde geplaas met die doel om te GROEI…

3. Volgens ‘The Secret” sal jy dit aantrek wat jy regtig glo. Volgens ons geloof sal God ons dit gee wat ons in SY naam vra – en dit glo. As jy glo jy is ‘n mislukking, sal God dit ook so vir jou gee, al is dit nie wat HY vir jou wil he nie. Let wel – in beide gevalle – nie dit wat jy met die mond bely nie, maar dit wat jy werklik in jou hart glo.

Net vinnig:

Dit staan geskryf dat, as jy die geloof van ‘n mosterdsaad het, sal jy berge kan versit. Let wel – nie geloof so klein soos ‘n mosterdsaad nie, maar wel Geloof SOOS die van ‘n mosterdsaad. “n Mosterdsaad, alhoewel baie klein, begin ontkiem met die vasbeslote doelwit om uiteindelik ‘n groot boom te wees. Sy Geloof is onwrikbaar…

4. Volgens “The Secret” moet jy alle geleenthede benut wat na jou kant toe kom, anders sal daar nie nog gegee word nie. Volgens ons Geloof moet ons dankbaar wees vir alle seeninge wat God op ons pad plaas.

5. Volgens “The Secret” moet jy absoluut positief bly. Volgens ons Geloof moet ons onsself verbly in God, want negatiwiteit is vanuit die duisternis – die domein van die duiwel.

Dit wil dus voorkom asof die twee nie teenstrydig met mekaar is nie. In my beskeie opinie is “The Law of Attraction” egter nie iets wat jy totaal kan manipuleer nie – maar jy kan toegelaat word om te groei (en dinge in die proses te laat gebeur) as jou denke reg is.

God doen presies dieselfde vir ons.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing