Verkeerde Vriende – Preek jy of Doen jy?

Ons is soms so gou om vir ons kinders te “preek” oor verkeerde vriende. Ons vermaan konstant teen hul invloed, en die skade wat hule kan berokken. Toegegee – dit kan baie probleme veroorsaak. Maar hoeveel keer gee JY toe?

Ok – seker nie aan ernstige goed nie. Jy sal jouself per slot van sake nie skuldig maak aan onwettighede nie…

Maar baie van ons gee gereeld toe aan vriende wat eenvoudig oor ons loop, en ons prioriteite deurmekaar krap.

Soos wanneer jy weet jy moet huis toe gaan en kos maak, maar iemand praat jou om sodat jy nog tyd mors.

Soos wanneer jy belowe het jy is op ‘n sekere tyd terug van ‘n werks-funksie af, maar dan toegee aan diegene wat jou langer daar wil hou.

Soos wanneer jy jou laat ompraat deur ‘n “vriend” om meer geld te bestee aan ‘n item (klere, juwele, kar, ens.), terwyl jy weet jy kan dit nie bekostig nie, of dit nie nodig het nie (onder die dekmantel van ” ‘n beter belegging”).

Soos wanneer jy jou laat ompraat om vinniger te ry omdat jou reisgenoot haastig raak, en die spoedgrens oortree…

Aan die einde van die dag is hul invloed nie noodwendig sodanig dat hulle jou na iets onwettig sal lei nie…

Maar dit wat jy doen is dalk nie so mooi in God se oe nie.

Het JY sulke vriende? “Vriende” wat nie noodwendig slegte dinge vra nie – maar dinge vra wat slegte gevolge kan he…

En jou stukkie vir stukkie insluk as jy dit toelaat.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing