Wat is die Prys van JOU Siel?

Dit staan duidelik geskryf – dat EEN Siel meer werd is as AL die skatte van die aarde. Dit is NIE iets wat te koop is nie, want geen geld of rykdom kan dit koop nie. Maar tog…

Tog maak ons onsself goedkoop…

Want hoeveel keer sal ek eerder my kosbare Siel – deur God aan my toevertrou – afskeep omdat ek bietjie later wil le…

Of omdat ek iets anders wil doen – soos om aan my kar te werk, of iets reg te maak…

Of vir die dag iewers heen te gaan…

Of hoeveel keer GEE ek dit sommer vir die duiwel – al is dit net tydelik (soos wanneer ek luister na skinderstories of ander lelike dinge) – en bring dit besoedeld vir God terug?

En hoeveel keer is daar iets “belangrikers” wat in die pad staan wanneer jy iets vir God – of jou Siel – moet doen?

In der waarheid is daar NIKS meer belangrik nie – ons verskuif net ons prioriteite soos wat dit ons pas op die oomblik.

So…

Hoeveel is JOU Siel werd?

Is dit meer werd as ‘n ekstra bietjie slaap Sondag oggend? Is dit meer werd as om te luister na dinge wat geen Goed in jou lewe kan bring nie? Is dit meer werd as ‘n bietjie menslike plesier?

Of “daal die waarde” so af en toe onder sekere omstandigdhede?

DINK MOOI…

Want as jy jou Siel nie rein voor God kan aanbied die dag as jy jou kop neerle nie…

Dan kan NIKS die waarde daarvan herstel nie.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing