Wees Nie Bevrees Nie

Jes 43:1

“Maar nou, so se die Here jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, O Israel: Wees nie bevrees nie, want ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!”

God se my Genade is vir jou genoeg! Ja, soos die teks se dat Hy het jou en nie net vir Jakob nie, by jou naam geroep en jy is Syne. Glo dit! Hoe ongelowig is ons nie elke dag nie. Daagliks as ons wakker word en dalk met die verkeerde voet uit die bed opstaan en iemand anders altyd die skuld wil gee, kyk eerste na jouself….

Met watter gesindheid het jy opgestaan, of dalk gaan slaap? Dalk kwaad vir jou vrou of kinders? Als draai nie net om jou nie maar ook om ander wesens wat God geskep het. God het jou lief soos jy is. Doen goed aan ander elke dag sonder om iets terug te verwag. Leef elke dag as ‘n getuie vir God. Begin in Jerusalem (of dan nou in jou eie dorp) en gaan dan verder.

Dis my voorreg om God te dien en nie my reg nie. Word soos die vrugte van die Gees, die vrugte word nie afgewaai deur die wind soos wat dit met die blare van die bome gebeur nie. Die vrugte moet stilweg groei en God vra net 10%. Eintlik is alles wat ons het God sin, maar hy verwag die minimum. Die mate waarmee jy gee sal God ook vir jou terug gee. Wees nie bevrees nie, wat Hy sal sorg als wat jy nodig het.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing