Wees Positief

Mat. 8:13

“Wat jy geglo het, sal gebeur”.

Positiewe denke sorg vir ‘n positiewe lewe. Negatiewe denke maak jou hele lewe negatief. Positiewe gedagtes is altyd vol geloof en hoop. Negatiewe gedagtes is altyd vol vrees en twyfel. Sommige mense is bang om te hoop omdat hulle al soveel pyn en teleurstelling ervaar het. Baie mense weier dus om te hoop of te glo dat enigiets goed ooit weer met hulle sal gebeur, so alles in hulle lewe en gedagtes bly negatief dus word alles negatief.

Ek het so baie teleurstellings in my lewe ervaar en so baie negatiewe dinge het met my gebeur – dat ek ook nie meer verwag het dat enigiets goed weer kan gebeur nie. Vandat ek my beskouing oor die lewe verander het, het alles stadig maar seker weer meer positief begin verander. Begin by jouself. Glimlag vir die eerste persoon wat jy elke dag sien, raai wie? Jouself natuurlik – in die spieel van die badkamer of kamer, en glimlag terwyl jy wag by ‘n verkeerslig of stopstraat, en jy sal verbaas wees wat die reaksie van die volgende persoon sal wees.

Begin om jou Bybel opnuut te studeer en begin op God vertrou vir alles wat jy het, ja elke asemteug; dink aan die persone wat aan suurstof gekoppel is in hospitale ens. Dink daaraan, was jy wakker word kan jy opstaan en ‘n koppie tee gaan maak, jy is nie gekluister in ‘n rolstoel nie, jy hoor elke oggend die voels sing, hulle se eers dankie vir God vir die nuwe dag en gaan dan kos soek. Ons moet net soos hulle wees. Se eers dankie voordat ons vir nog vra.

As jy tans geen idée het wat God se plan en wil met jou lewe is nie, wees positief en se dankie vir Hom wat Hy ook al doen sal goed wees vir my en ek sal geseend wees. Begin om positief te dink oor die lewe.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing