Wees Voorbereid…

Matt 25:13

“Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.”

Die stuk handel oor die 10 maagde, en ons almal ken die verhaal. Jesus het ons juis geleer met voorbeelde sodat ons dit kan verstaan, ja selfs kinders kan dit verstaan. Waak dan, omdat jul die tyd nie ken nie. Waar gaan Christus jou vind wanneer die einde daar is? Op die regte plek besig met die regte dinge? Of dalk… Net jy sal weet. Wees gereed elke dag en leef elke dag of dit dalk jou laaste dag hier is. Dit mag dalk jou laaste wees wat jy geleentheid het om nog reg te maak….

Moenie aan die slaap gevang word of sonder olie wees nie. Mense wat lui is en altyd uitstel, wil he die wat fluks en verantwoordelik is moet vir hulle doen wat hulle vir hulself moes gedoen het. Wees gereed en voorbereid elke dag…

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing