Wie Beheer JOU Lewe?

Baie keer dink ons dat ons in beheer is van ons eie lewens – of dat God dit beheer. Maar is dit werklik so? Of bluf ons onsself envoudig?

Wat baie van ons nie besef nie…

Is dat wanneer ons iemand anders nie kan vergewe nie, ons daardie persoon toelaat om ons te beheer. Dink mooi – as jy iemand nie kan vergewe nie, beheer daardie persoon jou denke…

Jou gedagtes bly besoedeld met negatiwiteit.

Daar waar God die Alleenheerser moet wees, is nou ‘n indringer – die een wat jy nie kan vergewe nie.

En om dit erger te maak:

Christus het ons beveel om mekaar te vergewe – sewentig maal sewe keer elke dag.

So – as jy iemand anders nie kan vergewe nie, is hy of sy belangriker as God in jou lewe…

Hy of sy regeer – in jou hart wat deel van God se koninkryk moet wees.

Dit mag nooit wees nie. Geen mens mag ooit toegelaat te word om soveel beheer oor jou te he dat jy God se Wil opsy skuif nie.

Laastens – onthou hierdie deel van die gebed wat Jesus Sy dissipels geleer het:

“vergewe ons ons skulde SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE”

As ek nie ‘n ander kan vergewe nie, kan ek nie van God verwag om my te vergewe nie.

Onthou die verhaal van die man wie se skuld afgeskryf is, en toe nie dieselfde wou doen vir ‘n ander nie…

Laat dit nooit met ons gebeur nie.

Geen ander mens, en wat hy of sy gedoen het, is meer werd as jou plekkie in die Hemel nie…

Laat dit gaan. God sal jou trane afdroog.

Sukkel u, of iemand wat u ken, om op te hou rook? KLIEK HIER vir ‘n beproefde, veilige, natuurlike oplossing